Ek kan egter nie 'n orgasme kry nie. Alles was klopdisselboom tot so 2 maande gelede. Is daar iets wat ek kan doen, 'n smeermiddel wat ek kan aansmeer of pil wat ek kan drink net voor ons seks het? Hy doen sy bes met voorspel, maar dit help nie.''

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Alle alleenloper vroue beny jou. Ook vroue wat glo as jy ouer word beteken dit die einde van liefde en seks. Natuurlik wil jy steeds jou seksualiteit geniet. Die ouderdom bring seksuele veranderinge wat sin maak. Jou liggaam verander immers. Om te doen wat dalk so maklik was toe jy jonger was, moet jy nou anders dink én doen. Dis moeiliker om 'n orgasme te kry weens 'n verlies aan gevoel. Dis nog moeiliker as jou op medikasie is of 'n chroniese siekte het. Koop 'n vibrator. Dis 'n eenvoudige en baie lekker manier vir 'n feitlik gewaarborgde orgasme. Vir die beste resultate kan of jy of jou maat dit in die omgewing van jou klitoris gebruik. Julle kan ook rondspeel en ander ''genot-kolle'' ontdek. Vir 'n ouer vrou soos jy beveel ek die Mystic Wand en Layaspot aan. Dit het 'n aantal kragtige vibrasie-vlakke. 'n Goedkoper keuse is die R120m VIBRATOR. Moenie vergeet om 'n smeermiddel saam met jou speelding te gebruik nie. (Alles beskikbaar op my webblad.)

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.