Hoewel hy nie wil trou nie, wil sy hom nie los nie. Sy sê hy kan dalk van besluit verander. Hy is 2 jaar gelede na 16 jaar geskei en het 2 kinders. Hulle deel alle uitgawes. Dink jy hy sal tog later met haar trou?

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Menseverhoudinge is uniek en onvoorspelbaar. En mense verander op verrassende maniere. Ek hoor 'n paar belangrike boodskappe in jou brief. Jou vriendin is op haar gelukkigste en is onwillig om hom te verlaat, al is daar nie sprake van 'n huweliksaansoek nie. Só 'n leefstyl druis dalk teen haar waardes in. Maar sy daag nietemin haar waardes uit deur by hom te bly - en is gelukkig. Dié geluk is die belangrikste deel van jou boodskap.

Trou is deesdae nie meer die enigste uitweg vir mense in 'n verhouding nie. Daar is ander keuses, soos om saam te woon en uitgawes te deel. Die gebrek aan 'n langtermyn verbintenis kan haar egter later begin pla. Sy sal dan met hom moet gesels en haar behoefte aan iets meer standvastig uitspreek. En dan sal sy keuses moet maak. Tot dan moet sy die kleinood van geluk koester.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za