'n Liggewig-jas is die perfekte kopie vir die seisoen!

SAARTJIE shopDit is baie nuttig vir koeler somerdae en word oral op die loopplanke gesien, asook op straat!

Dis 'n heerlik veelsydige item wat jy na 'n verskeidenheid geleenthede kan dra. Wat dié jas so spesiaal maak, is dat jy dit ook as 'n oorvourok kan dra - 'n definitiewe belegging.

Vir die kantoor

Gooi die liggewig-jas oor jou skouers en dra dit soos 'n mantel. Laat jou bene ook langer lyk met 'n paar neutrale hakke.

Print

Naweekgemak

Kêrelsnit-jeans is perfek vir 'n gemaklike uitrusting. Speel met patrone en 'n titsel blink om die uitrusting interessant te hou.uitrusting 2 /sPREE/15/09/2015

Kuier ná werk

Kyk uit vir 'n romp met 'n spleet om jou uitrusting 'n tikkie sexy te maak vir die aand. 'n Paar treffende oorbelle rond jou voorkoms af vir 'n skemerkelkie.

uitrusting 1/ sPREE/15/09/2015

Besoek galery indien jy enige van die boonste items wil koop.