Die wit hemp is ‘n móét vir elke vrou! Dis 'n tydlose item wat by enige styl pas. Die geheim is: kies 'n snit wat die beste by jóú styl pas.

SAARTJIE shop

Die klassieke item is veelsydig; van elegant by die kantoor tot gemaklik vir die naweek.

Mode-ontwerper Carolina Herrera se gunsteling-item

Kyk uit vir die volgende wanneer jy 'n wit hemp koop:

  • Kies die regte snit vir jou figuur
  • Aangesien die wit hemp ‘n klassieke styl is (ewigdurende styl), sal ek gehalte en nie hoeveelheid nie aanbeveel.
  • 100% katoen of katoen-mengelstof

Wenke:

  • Speel rond deur jou moue op te rol.
  • Jy kan ook die hemp insteek, laat uithang of knoop

Drankies saam met vriende

Die uitrusting bestaan uit twee klassieke items (wit hemp en jeans). Dit is gemaklik en die hakke rond jou uitrusting mooi af.

Withemp/Spree/06/10/2015

Vir die kantoor

Moenie bang wees om met patrone te speel nie. Dit maak nie net 'n stelling nie, maar wys ook dat jy selfversekerd is en jouself goed ken.

hemp 3b

Middagete-afspraak

Die nuwe moulose jas is die perfekte item om saam met 'n wit hemp te dra. Dit lyk net so stylvol saam met 'n romp as 'n broek. Die moulose jas kan ook as rok gedra word. Indien jy ‘n spesiale afspraak het, dra die jas as ‘n rok en pak net ‘n paar hakskoene in.

Withemp/Spree/06/10/2015

Besoek galery indien jy enige van die boonste items wil koop.