Vir somer 2009 stel Woolworths hul nuwe Suid-Afrikaanse ontwerpersreeks bekend. Hierdie vars en jeugdige items soos T-hemde (vanaf R120) en rokke (vanaf R399) is tans saam met die ontwerpe van Stephen Quatember and Maya Prass in 28 winkels landwyd beskikbaar.

"Die South African Designers at Woolworths-inisiatief is 'n innoverende projek wat ons plaaslike, outentieke ontwerp-etiek vier. Die projek wil die beste plaaslike ontwerptalent identifiseer en skep 'n platform wat ontwerpers welverdiende erkenning gee." – Trevor Perren, hoof van Woolworths-vrouedrag

Vir meer inligting, skakel 0860 100 987 of besoek www.woolworths.co.za