'Mamma huil al weer' is die naam van my boek wat ek nou al vir 7 jaar beplan om te skryf vandat my seun op 17 in 'n motorongeluk oorlede is. Vir 41 jaar van my lewe was huil deel van my menswees en tragies ook deel van die mense wat my lief gehad het en nog steeds het. Maar vandag weet ek dat ek self gekies het om te huil. Ek is amper 46 jaar terug in 'n vooraanstaande familie gebore. Die feit dat dit nog op die platteland ook was het ongelooflike druk veroorsaak want almal ken mos almal. My hele kinderlewe was ek maar 'n pokkeltjie met heelwat ekstra rolletjies om die middel. Woorde soos 'baby elephant' van 'n boelie en 'why are you so big' van 'n koue ongevoelige engelse ouma dink ek het my maar in my dop laat kruip. Op die ouderdom van 4 - 7 is ek gemolesteer deur iemand baie na aan my. Hierdie geheim het nog nooit oor my lippe kon kom nie. My pa was altyd afwesig en my ma heeltyd depressief. Daar was geen normale en stabiele gesinsverhoudings in ons huis. My pa het 'n 'girlfriend' gehad van my geboorte af tot en met sy dood toe ek 14 jaar oud was. Dit was hel, want as kind kan ek onthou hoe ons saam met my ma na hom moes gaan soek en hoeveel keer aanskou as sy hom uitvang met haar. My ma het baie meer met by broer 'gebond' en omdat my pa omtrent nooit by die huis was, was ek soortvan die eenkant een wat altyd uit gevoel het tussen my ma en broer. Alhoewel my pa nie 'n goeie voorbeeld was nie, dink ek ek het ek hom tog lief gehad. Ek was sy witbroodjie en net soms, in sy 'besige skedule' tussen al die vrouens, sou hy soms laat deurskemer dat ek tog spesiaal is. In 1981 is hy skielik in 'n motorongeluk oorlede. soms weet ek nie of ek verlig was en of ek hartseer was nie. Daar was vir die eerste keer vrede en kalmte in ons huis, alhoewel ek hom tog gemis het. die dag met sy dood was daar 'n lelike bakleiery tussen hom en my ma. Sy duur skilderye is stukkend gegooi en my ma se kosbare koperlampe gebreek. Tog snaaks hoe grootmense erger as kinders kan wees!! Net na matriek, op die ouderdom van 18 is ek getroud met 'n polisieman. ek het gedink dit gaan werk, maar hoe naief. Ons is na 7 jaar saam en 'n seun en dogter ryker uitmekaar. ek het hom gelos - as gevolg van seks. Die seksuele eise wat hy aan my gestel het, en ek soms toegelaat het, het al my liefde vir hom versmoor. Ek het hom gelos vir 'n man baie jonger as ek, wat my geestelike en liggaamlik mishandel het. Ek was nog nie amptelik geskei nie, en vind toe uit ek is swanger met die jonger man se kind. Op 9 weke in my swangerskap, is ek deur hom platgeduik in die gang en het hy sy vuiste op my maag geslaan. Ek het ineengekrimp van die pyn. die uiteinde was 'n agterstraat, of liewer, hotelkamer aborsie en wat ek daar gesien en ervaar en tot vandat toe ervaar is onbeskryflik. Seker uit skuldgevoel het ek die vrees ontwikkel ek gaan my seun of dogter op een of ander manier verloor. Dit was 'n obsessie, en toe gebeur dit. My seun, toe 17, was my hart se punt. Ek is ook baie lief vir my dogter, toe 14, maar ek en hy het 'n baie spesiale band gehad. ek dink hy was in 'n mate baie soos ek, heeltemal te emosioneel en soos 'n spons wat almal se emosies opsuig! Toe ek die opdroep ontvang dat hy in 'n motorongeluk oorlede is, het my hele wereld gaan staan. vir 4 jaar na sy dood het ek alles probeer om die seer weg te vat: drink, dobbel, dagga, kalmeerpille, slaappille, koop, slaap, huil, eet, noem maar op, maar niks het gehelp. In Augustus 2009 het die Here my gelei, en ek weet vandag, hy stuur ons as ons nie wil luister. Ek het al my medikasie gelos en begin draf. laat ek liewer se eerder begin stap want ek was so onfiks ek kon nie eers een blok darf nie. Vandag is dit amper 4 jaar later en ek draf nog steeds. Ek het weer leer lewe en lag en weet ek moet die beste maak van elke dag. Hierdie is my verhaal in baie kort opgesom. soveel ander dinge het ook gebeur wat vir my nog onwerklik voel, maar dit het my gevorm in die mens wat ek vandag is, en vandag kis ek om 'n wenner te wees. Die belangrikste is is dat ek geleer het uit my foute en 'n beter mens kon word. dit kon so naders wees.