Onthou jy die vrou wat in Januarie in Mpumalanga in ’n slaggat gebad het om die aandag te vestig op die swak toestand van die paaie? Wel, dit lyk asof die Amerikaners óók kreatief kan raak met hul slaggate.

In Januarie vanjaar het dié foto van Rosie Morrison, wat ’n modderige bad in ’n massiewe slaggat neem, die rondtes op die internet gedoen. Rosie, saam met Alison Botha, die eienaar van Lydenburg-gastehuis, het dié foto versprei. Volgens News24 wou hulle die aandag daarop fokus dat die R36 tussen Machadodorp en Mashishing (Lydenburg) vir jare reeds onbruikbaar is.

Alison Botha bad lekker in ’n massiewe slaggat FOTO: FOTO:   Lyndenburg Guest Farm Rosie Morrison bad lekker in ’n massiewe slaggat
FOTO: Lyndenburg Guest Farm

En dit lyk of die mense van Scranton in Pennsilvanië weet hoe Alison voel! The Pop Up Studio (’n groep kunstenaars uit die omgewing wat saamwerk om kreatiewe oplossings vir probleme te vind) het ’n fotokompetisie begin waar die inwoners van Scranton slaggate moet vind en met iets positiefs versier.

Die wenner van die kompetisie, wat steeds aan die gang is, wen vier nuwe bande vir hul motor!

Hier is van die inskrywings:

FOTO:   Pop Up Studios FOTO: Pop Up Studios

FOTO:   Pop Up Studios FOTO: Pop Up Studios

FOTO:   Pop Up Studios FOTO: Pop Up Studios

FOTO:   Pop Up Studios FOTO: Pop Up Studios

FOTO:   Pop Up Studios FOTO: Pop Up Studios

Is daar groot slaggate in jou woonbuurt? Hoe sal jy hulle versier as jy die kans het? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!