Aktrise Emma Watson het haar lang rok by die huis gelos en dié broekromp-uitrusting vir gisteraand se Time 100-gala in New York gekies. 

By dié geleentheid is Time se keuse vir die 100 invloedrykste mense van 2015 gevier. En Emma Watson was een van hulle.

Die 25-jarige se grys broek het styf gesit met ’n groot romp aan die een kant. Dié interessante silhoeët het wel nie almal se goedkeuring weggedra nie.

Nou wil ons weet ... Wat dink jy daarvan?

FOTO: Gallo Images / Getty Images / Andrew Toth / FilmMagic FOTO: Gallo Images / Getty Images / Andrew Toth / FilmMagic

Lees nou