Die wenners van die 2011 Media24 Boeke Literêre Pryse is:

  • Dwaalpoort deur Alexander Strachan, uitgegee deur Tafelberg (W.A. Hofmeyr-prys vir die beste Afrikaanse fiksie)
  • Young Blood deur Sifiso Mzobe, uitgegee deur Kwela Books (Herman Charles Bosman-prys vir die beste Engelse fiksie)
  • The War for South Africa deur Bill Nasson, uitgegee deur Tafelberg (Recht Malan-prys vir die beste niefiksie)
  • Willem Poprok deur Derick van der Walt, uitgegee deur Tafelberg (M.E.R.-prys vir die beste jeugroman - ouderdom 8 tot 16, maar nie uitsluitend vir dié ouderdomme nie)
  • Net Sisi/Just Sisi deur Wendy Hartmann, geïllustreer deur Joan Rankin, uitgegee deur Human & Rousseau (M.E.R.-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek - ouderdom 0 tot 8, maar nie uitsluitend vir dié ouderdomme nie)
  • Marike se laaste dans deur Deborah Steinmair, uitgegee deur Human & Rousseau (Jan Rabie Rapport-prys vir die beste debuut- of vroeë (tweede) werk deur 'n Afrikaanse skrywer). Die prys is oop vir alle skrywers.