Oktober, drie jaar gelede het my suster selfmoord gepleeg. Sy het aan bipolere depressie gely en kon nie meer aangaan met die lewe nie. Drie jaar gelede het tyd gaan stil staan. Ek mis haar elke dag. Ek lewe ten volle maar 'n stukkie van my is vir ewig weg. Die hoekoms en waaroms van die lewe word nie beantwoord altyd nie. Daarom maar beter om dit voor God se voete te le.