Twee van sy ouer boeke, Ancestral Voices en Leap Year, wat al geruime tyd nie meer beskikbaar is nie, word ook weer uitgegee met nuwe omslae en in sagteband.

Michiel Heyns het die vertaling gedoen vir Thirty Nights in Amsterdam. Dié Afrikaanse boek het 2009 se M-Net- literêre prys asook die 2008-prys Universiteit van Johannesburg Kreatiewe Skryfkuns in Afrikaans ontvang. In stede van die liefde is vertaal deur Leon de Kock, as In Love's Place. Van Heerden is in 2005 bekroon met die ATKV-prys vir Prosa, sowel as die W.A. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse skryfkuns vir dié boek in 2006.