Dit is die tweede keer agtereenvolgens dat hy die M-Net-prys wen. 30 Nagte in Amsterdam (Tafelberg)het die W.A. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse letterkunde oor alle genres heen van Via Afrika verower. Die boek is as uitmuntend beskryf deur beoordelaars van die twee kompetisies. Die room van plaaslike skryfwerk word met die pryse vereer. Ander M-Net-pryswenners is: 13 Uur, Deon Meyer (Human & Rousseau), filmkategorie The Rowing Lesson, Anne Landsman (Kwela), Engelse kategorie Nne na Inwi (Ek en jy), Tsireledzo Mushoma (Tafelberg), en Babuši ba Lehono (Die leiers van vandag), Mathete Molope Piet (Zebra Press), Afrika-tale Ander Via Afrika-pryswenners is: On the Contrary, Tony Leon (Jonathan Ball Publishers), en Three-letter Plague, Jonny Steinberg(Jonathan Ball Publishers),gesamentlike wenners van die Recht Malan-prys vir Engelse of Afrikaanse nie-fiksie of nie-literêre werk Siyolo se trui/Siyolo’s Jersey, Mari Grobler, geïllustreer deur Elizabeth Pulles (Tafelberg), M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke Lien se lankstaanskoene, Derick van der Walt (Tafelberg), M.E.R.-prys vir jeugliteratuur Bodies Politic, Michiel Heyns (Jonathan Ball Publishers), Herman Charles Bosman-prys vir Engelse letterkundige skryfwerk en outobiografie Alles mooi weer, Karin Cronjé (Genugtig!), Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende Afrikaanse letterkunde