Op 25 Mei word bewonderaars van die Hollywood-ikoon Marilyn Monroe verwen, want dan word die film Marilyn Monroe: The Final Days vertoon wat in 2001 gemaak is. Dié film – geskryf deur Monica Bilder en onder regie van Patty Ivins Specht – belig allerlei alledaagshede in die laaste maande van Monroe se lewe. Fliekvlooivrydae begin om 18:30 en sluit die film, ’n stewige tradisionele maaltyd en heerlike Le Bonheur-wyn in teen ’n koste van R125 per persoon, of R45 net vir die film en die wyn. Besprekings is noodsaaklik. Gaan na http://www.cinemuse.co.za/2010/01/venue-le-bonheur.html vir nadere besonderhede en aanlyn-besprekings.