Ná 'n baie moeilike jaar lyk dit of aktrise Demi Moore weer oukei is. Sy het gestraal in 'n glansende donkerblou aandrok (FOTO onder) by Die Wallis Annenberg-sentrum, 'n skool vir die kunste, se gala-aand in Beverly Hills Donderdagaand (17 Oktober).

Sy was elegant en grasieus, met haar lang swart hare wat sag oor haar skouers geval het. Oor 'n maand word Demi 51 jaar oud, maar haar stralende vel sou dít nooit verklap het nie. Só berig www.dailymail.co.uk.

Sy lyk ook gesonder as in Oktober 2011, ná haar verbrokkelde verhouding met haar eks-man, Ashton Kutcher, toe die media haar as anoreksies bestempel het.

Sy het aand saam met haar joga-maat, Will Hanigan (30), deurgebring. Hoewel dié twee nog nêrens hul verhouding amptelik gemaak het nie, is Hanigan gereeld aan Moore se sy.

Bron: www.dailymail.co.uk

Wat dink jy van Demi se rok? JA/NEE

Wallis Annenberg Center For The Performing Arts Inaugural Gala - Arrivals Demi Moore (FOTO: Gallo Images/Getty Images)