"Sy moet soos ’n ster voel wanneer sy dit dra," het Angelique Gerber gister oor Donnalee Roberts se rok by die première van Pad na jou hart in Johannesburg gesê.

En sy was reg - Donnalee het beslis soos ’n ster gelyk! Dié rok, ontwerp deur Angelique, is ’n pragtige skepping in skakerings van sjampanje en goud. Die bo-stuk van die rok is met goue blinker-detail versier. Die rompgedeelte, van sagte sjampanje-kleurige materiaal, het tot op die grond gehang. Die rok het ’n groot gedeelte van Donnalee se rug gewys.

Ons wil hoor wat jy van Donnalee se rok dink? Is dit ’n treffer of ’n flop?

IMG_2149 FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green FOTO: Phyllis Green

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Meer oor die nuwe fliek Pad na jou hart

“Dit was vir my ’n baie lekker proses, want Donnalee is my vriendin,” het Angelique gister vertel oor dié rok. “Ons het presies geweet wat die ander een bedoel toe ons oor die rok gepraat het. Donnalee weet waarvan sy hou en was baie betrokke by die maak van die rok. Sy het self gesê wat ek moet bysit of weghaal.”

Angelique en Donnalee was nie die enigstes met haar rokke op die rooi tapyt nie. Lourene Liebenberg (onder links) het een van Angelique se rokke gewen én die geleentheid gehad om saam met die ster op die rooi tapyt te loop.

Drie van Angelique se ontwerpe. Lourene Liebenber (links) het die rok wat sy dra gewen. FOTO: Phyllis Green Drie van Angelique se ontwerpe. Lourene Liebenber (links) het die rok wat sy dra gewen. FOTO: Phyllis Green

Lees ons onderhoud met Angelique HIER waar sy praat oor hoe sy Donnalee se rok ontwerp het.