Die 12-jarige Maddox Jolie Pitt het netjies en vol selfvertroue gelyk in ’n aandpak tydens sy debuut op die rooi tapyt. 

Maddox het vir die eerste keer saam met sy bekende ouers op die rooi tapyt gestap. Angelina het die Jean Hersholdt-eretoekenning vir haar liefdadigheidswerk ontvang - dié toekenning is deel van die Academy of Motion Picture Arts and Sciences se toekennings, dieselfde maatskappy wat die Oscars uitdeel.

FOTO: Gallo Images / Getty Images Maddox glimlag gemaklik vir die kameras saam met sy ouers by die Academy of Motion Pictures Arts en Science se Governors-toekennings Saterdagaand FOTO: Gallo Images / Getty Images

Maddox het soos ’n klein weergawe van sy pa gelyk in ’n identiese aandpak en blink skoene. Brad het ook sy hare vir die geleentheid gesny - kyk hier hoe lyk Brad met sy lang hare!

Angelina het dié prys ontvang vir haar liefdadigheidswerk van die afgelope dekade met die VN se vlugteling-agentskap. Sy het al meer as 40 keer buitelandse vlugtelingskampe namens die agentskap besoek, onder meer in Kambodja en Sirië.

Sy het probeer om haar emosies te onderduk tydens haar toespraak, maar was oorweldig deur die gehoor se reaksie. “Baie dankie," het sy gesê aan die gehoor, wat nie wou ophou hande klap nie, "dit is baie oorweldigend." "Mad (haar noemnaam vir Maddox), ek gaan nie huil nie, ek belowe. Ek sal jou nie in die verleentheid stel nie! Maar jy en jou broers en jou susters bring my geluk. En daar is geen groter eer in die wêreld as om jul ma te wees nie," het ’n emosionele Angelina van die verhoog af gesê.

Maddox is in 2002 deur Angelina aangeneem nadat sy sy tuisdorp in Kambodja besoek het. Hy het 5 broers en susters: die 9-jarige Pax van Viëtnam, 8-jarige Zahara van Ethiopië, Angie en Brad se biologiese dogter, die 7-jarige Shiloh, en hul biologiese 5-jarige tweeling, Knox en Vivienne.

Brad sê nee vir seep? Lees hier!

Bron: Express