Baz Luhrmann (Romeo and Juliet, Moulin Rouge) se jongste rolprent, The Great Gatsby, het vanjaar die Cannes-filmfees geopen. En selfs nie die reën kon die feestelikheid keer nie.

Cannes Dansers met 1920's-uitrustings het op die nat rooi tapyt gedans, maar alle oë was op die sterre van die prent, Leonardo DiCaprio en Carey Mulligan. Leo speel die misterieuse miljoenêr, Jay Gatsby, en Carey is sy liefdesbelangstelling, Daisy, in dié verwerking van F. Scott Fitzgerald se 1925-roman.

Leonardo DiCaprio, Carey Mulligan and Tobey Maguire

Die keuse van The Great Gatsby vir die openingsvertoning by dié gesogte fees het 'n paar wenkbroue laat lig, want dis gewoonlik terselfdertyd die betrokke rolprent se wêreld-première. Maar The Great Gatsby het al verlede week in Amerikaanse teaters begin draai.

Die fliek, wat sowat $105 miljoen (R981 miljoen) gekos het om te vervaardig, het louwarm resensies gekry. Maar die kritici is baie beïndruk met Leo se vertoning.

Leonardo DiCaprio

**SARIE gaan ook Cannes toe - die span van die onlangse Klein Karoo-fliek is daar saam met die span van Suid-Afrika, en hulle gaan vir ons op hoogte hou van als wat daar gebeur.

HIERONDER is die lokprent vir The Great Gatsby. Dit begin môre, 17 Mei, in Suid-Afrikaanse teaters wys.

Ook op die rooi tapyt:

Nicole Kidman in 'n Dior-rok en 'n paar Jimmy Choo-hakke.

Nicole Kidman