’n Washingtonse ma neem foto's van gestremde kinders in superheld-kostuums. Mail Online berig dat haar boodskap eenvoudig is: Dié kinders het ’n bo-menslike vermoë om enige uitdaging te oorkom. 

Die foto's vorm deel van Renee Bergeron (38) se The Superhero Project.

FOTO:  littleearthlingphotography FOTO: littleearthlingphotography

"Ek dink baie mense beskou mense met spesiale behoeftes as minderwaardig. Maar die waarheid is dat dié kinders vegters is. Die uitdagings wat hulle elke liewe dag moet oorkom, net om in ons wêreld te oorleef, maak dat ons hulle as superhelde moet sien," sê Renee.

Haar vierjarige seun, Apollo, was haar eerste "superheld". Hy is met ’n skaars hartdefek gediagnoseer en het gevolglik ’n voedingsbuis wat by sy maag uitsteek.

FOTO:  littleearthlingphotography FOTO: littleearthlingphotography

Renee weet dat Apollo dalk eendag selfbewus sal wees, en sy wou hom afneem terwyl hy sterk en trots lyk. Met die hoop dat dié foto's hom sal motiveer om weer so te voel wanneer hy ouer is.

Renee neem sedert 2013 gratis foto's van kinders met gestremdhede vir haar projek.

FOTO:  littleearthlingphotography FOTO: littleearthlingphotography

Bron: Mail Online

Lees ook