’n Stad onder ’n kombers van sneeu, ’n Britse prins en ’n ski-vakansie was die rede dat die reisgogga aktrise Helene Lombard gebyt het! Sy wys haar reisalbum in die Oktober-uitgawe van SARIE, nou op die rak!

amazon_river_brasilie_5_630wFOTO: Die gesin maak gereed om met 'n boot onder die Iguassa-waterval deur te vaar.

Saam met die seuns voor die Christus-beeld in Rio de Janeiro; Op die wêreld-bekende Escadaria Selarón-trappe in Rio de Janeiro, Brasilië

Helene se gunstelinge

Gunsteling-museum of -galery Die Guggenheim-museum in New York en die Dalí-museum in Barcelona

Lekkerste wyn Dié van Frankryk se klein wynplasies

Beste koffie Italië en Australië

Mooiste mans Spanje

Vriendelikste mense Namibië

Oulikste soeweniers Skilderye uit Rusland

Mooiste sonsondergang Sossusvlei, Namibië

Lekkerste nagereg Brasilië se Mousse de maracujá – dis ’n grenadella-mousse

Beste kos Spaanse tapas en outentieke Thai

Beste inkopie-bestemming New York, Milaan, Barcelona

Mooiste musiek Samba en Spaanse kitaarspel

Mooiste strande Brasilië se 4 700 km-kuslyn en Thailand

KYK DEUR DIE HELE ALBUM IN JOU OKTOBER-UITGAWE VAN SARIE