Tydens Kate en William se eerste amptelike buitelandse reis het sy die Kanadese verras met haar keuse van plaaslike ontwerpers, Smythe en Erdem.

Met haar vertrek uit Engeland het 'n stylvolle koningsblou baadjie van Smythe by 'n noupassende rok deur Roland Mouret vir die wêreld gewys dat sy hier is vir 'besigheid'! Die baadjie het binne 15 minute op die gewilde aanlyn-winkel Net-a-Porter uitverkoop!

Met haar eerste kennismaking met Kanada en sy mense, het sy haar styl-stem verder laat geld toe sy in 'n kantrok deur nóg 'n Kanadese ontwerper, Erdem, van die vliegtuig afgestap het. Erdem Moralioglu is ’n Kanadese ontwerper wat nou in Engeland gebaseer is. Kate het nog altyd 'n voorliefde vir sy ontwerpe gehad.

Kate het blykbaar 30 uitrustings vir hul 9 dag-reis deur Noord-Amerika ingepak, berig hollywoodlife.com.

Ons kan nie wag om nóg te sien nie en sal jou op die hoogte hou!

Vanity Fair-fotogalery van William en Kate se Noord-Amerikaanse besoek.