In die laaste 25 jaar was daar al 10 selfmoorde in my familie - neefs, niggie, ma, broer, oom en tannie en ook nou my swaer se seun - 'n maand gelede. Die skok en selfverwyt is onbeskryflik. Maak nie saak of daar 'n brief nagelaat is of nie - dit bly seer! Ek ly ook al seker vir 23 jaar aan depressie. Gelukkig het ek nog nie so ver in die donker gat gesak nie want ek ken die tekens nou al so goed. Sodra ek depressief raak sorg my dierbare vriendin (wat ook al die tekens by my ken) dat ek ekstra aanvullings gebruik - wat BAIE help. Sy ken my so goed. Sy het absoluut 'n studie gemaak van al die aanvullings en omdat ek nie van medikasie hou nie en ook nie glo aan anti-depressante nie, is ek baie laks om medisyne aaneenlopend te gebruik. Ek het ook 'n baie goeie sielkundige wat ek - soos die behoefte en nood daar is - haar besoek. Vir mense wat geliefdes op so 'n wyse verloor wil ek net sê: Moenie dat mense jou laat twyfel of daardie persoon hemel toe is nie - God se genade is BAIE groot! (Mense wat jou kamstig wil vertroos verwar mens soms net meer). Mens verwyt jouself, twyfel in God, verwyt God, verwyt ander, ervaar woede vir die oorledene en dan is daar nog die "hoekom"! Hierdie is alles deel van die rouproses... Moet nie dink jy is die enigste persoon wat so voel nie - almal ervaar dit. Ons moet net leer om dit te beheer. Baie dankie vir 'n oulike program Janie - ek glo dit help baie mense!