Ek is op 'n getroude man verlief. Ons is al twee jaar lank minnaars. Hy is al jare nie meer lief vir sy vrou nie, en hy sê as hul kinders ouer is, gaan hy haar verlaat. Sal hy?

Dr. Eve, klinkiese seksuoloog en SARIE-sekskenner se kommentaar:
"Ek sien dieselfde in my praktyk - dis onwaarskynlik dat 'n man sy vrou vir sy minnares sal verlaat. As 'n affair wél tot 'n huwelik lei, is die kans die grootste van alle huwelike dat dit gou weer eindig."