‘n Verteenwoordiger van SARIE kontak my onlangs om ‘n paar wedervaringe van life in Afganistan.

Ek het op Maandag 8 Mei, 2010 vroegoggend op Kaboel Internasionale lughawe geland. Dié lughawe vergelyk in grote goed met een van die streek lughawens in Suid Afrika, Oos-Londen, Welkom etc.

`n Warboel emosies het deur my kop gegaan. Sal ek dit maak? Is dit regtig so erg as wat dit op die televisie lyk? Gaan ek ook bos-beduiweld raak soos wat so baie aan my verduidelik is voor die tyd? Dit is nie die eerste keer dat ek in ‘n oorloggeteisterde land aankom nie, maar daar bly maar altyd ‘n onderliggende vrees sluimer in `n mens . . .

As die vliegtuig begin daal oor die gebergtes van Afganistan, kom jy vinnig agter vir wie die koms na Kaboel ‘n nuwe ervaring is en vir wie dit ‘n nuwigheid is. Hou net dop wie hul nekke rek om die omgewing deur die ronde vliegtuig venstertjies te probeer opsom.

 Kaboel en die omliggende sneeu bedekte berg (Mei 2010) Kaboel en die omliggende sneeu bedekte berg (Mei 2010)

Dit is egter eers as jy klaar is met die doeane, en bagasie procedure en anderkant uitstap, dat jy besef Kaboel is "anders". Die uitgang is verlate en daar is ‘n groot leë parkeerarea wat in enige ander land ‘n wemeling van Taxi’s en mense sou wees. Later vind jy uit dat die leë niemandsland dien as sekuriteitsmaatreël teen moontlike aanvalle.

Jy begin dan maar aanstaltes maak oor die verlate parkeerarea vir ‘n goeie 400 meter, verby verskillende “checkpoints”, beman met soldate, voordat jy by die punt kom waar ‘n warboel van mense staan en wag vir aankomende passasiers.

Op pad na die wagarea, raak jy ook bewus van die dual bestaan vir expats in Kaboel, want voor jy by die Afghaan-wagarea kom is daar ‘n sekondêre wagarea vir die ontvangs van diegene wat met gepantserde voertuie die res van hul tyd in Kaboel sal deurbring. Maar meer oor die dubbele lewe by ‘n verdere geleentheid . . .

Op pad van die lughawe is die lug ‘n dowwe bruin gekleur en word daar aan my verduidelik dat dit die stofstorms van Kaboel is. Die pad waarop ons ry lyk goed. Breë geteerde dubbele baan, wat ek later uitvind die sirkelroete om die stad is. En nog later uitvind omtrent die enigste behoorlike pad in Kaboel is.

Die armoede is vinnig sigbaar – dit is ‘n moeilike lewe vir die (na raming) 3 tot 4 miljoen inwoners van Kaboel, maar veel meer vir dié in die landelike areas en spesifiek die bergagtige dele, Oostelike en Noordelike provinsies en oorlogvlaktes van die Suide. Afganistan se 2009 bevolkingskatting was 23,993,500 (The Central Statistics Organization, Afghanistan). Die laaste sensus opname wat enigsins waarde dra was in 1979 (15,551,358)

My akkommodasie is in Kart-e-se, een van die meer bevoorregte residensiële areas van Kaboel, maar op die oog af soortgelyk aan die agterstrate van Alexandra of Khayelitsha. Die strate is ongeteer en vol gate en met die 4x4 voertuig beweeg ons teen ‘n slakkepas tot by die huis wat my tuiste is – reeds die afgelope vyftien maande lank. As die hekke oopgaan is daar ‘n interessante verrassing en is die gevoel heelwat meer huislik – eintlik sjarmant op ‘n manier, met pragtige rose.

 My tuiste by aankoms in Kaboel – Gastehuis “Jasmine” (Mei 2010) My tuiste by aankoms in Kaboel – Gastehuis “Jasmine” (Mei 2010)

Min het ek besef wat op my sou wag . . . Burkas (Moslem-vroue se algehele bedekking wat slegs hul oë op skrefies laat uitsteek!), Kaboeli-rys (die cuisine is interessant!), die sogenaamde ``poppy” ekonomie (dwelms), ``infidels” (dis hoe die Talban verwys na ons westerse vreemdelinge!), Buzkashi (vreesaanjaende perdesport), die Afghaan-krieketspan se uitwerking op nasiebou . . .Die lys is lank... tot volgende keer.

 Burka Burka
 Kite Runner Kite runner