"My pa was soms 'n op-sy-eie-mens. Hy was nie baie spontaan nie, al het mense anders gedink. Jy't nie altyd geweet wat in sy kop aangaan nie. Mense sê gereeld vir my dit moes lekker gewees het om met ’n famous pa groot te word. Maar vir ons was dit gewoon.
“Ons het nie dikwels na sy konserte gegaan nie. My ma moes ons grootmaak terwyl my pa die pot aan die kook gehou het. Ons het wel ’n plekkie op Ballito in KwaZulu-Natal gehad en het graag almal saam see toe gegaan.” - Linda Korsten oor haar pa, Gé

In die November-uitgawe van SARIE gesels Linda oor die nuwe Liefling-fliek, 'n huldeblyk aan haar pa.