Ideaal om te geniet voor die TV of as bykos by geroosterde lamsboud.

genoeg vir 6

  • 1 x 500 g-bakkie eendvet of

    500 ml kanola-olie

  • 500 g-pakkie aartappel-gnocchi
  • 1 x 250 g-pakkie grofgekapte spek
  • 12 vars salieblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas eendvet of kanola-olie in middelslagpot. Verhit oor matige hitte tot warm. Voeg gnocchi by en braai vir 5 – 8 minute. Voeg spek en salie by en

braai vir nog 5 – 8 minute of tot spek bros en gnocchi bruin is. Dreineer op kombuispapier. Geur goed met sout en peper. Sit voor.