Vir winter 2010 stel Polo vir die eerste keer 'n reeks vir seuns bekend. Hierdie reeks sal beskikbaar wees vir jong kêrels tussen die ouderdomme van 2 en 12 jaar. Kleur is groot, veral primêre vetkryt-kleure. Vir die ontwerp is daar gefokus op die leefwyse van jong manne, en daarom is al die items gemaklik. Items wat reeds beskikbaar is:

Jeans: vanaf R299
Langmou gholfhemde: vanaf R249
Truie: vanaf R489
Kappie-tops: vanaf R250

Hierdie reeks is landwyd beskikbaar in Polo-winkels. Skakel 011 258 7600 vir meer inligting, of besoek www.polosa.com