Ons sien al meer bekendes wat hul hare of gedeelte van hul hare pienk of pers kleur. Wat dink jy van dié trend?

Sienna Miller het haar blonde hare pienk gemaak vir die Britse mode-toekennings vroeër dié week. Gwyneth Paltrow was ook by dié geleentheid - kyk hoe lyk haar rok hier.

Nou kan jy jou mening gee – hou jy van die haarstyl, of nie?

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kelly Osbourne dra al haar hare vir ’n geruime tyd pers, maar het dit onlangs ’n dieper pers gekleur.

Kelly Osbourne FOTO: Instagram Kelly Osbourne FOTO: Instagram

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Wat sê ons skoonheidspan?

Helder kleure en pastelkleure is hierdie seisoen baie gewild. Pienk is op die oomblik een van die skoonheidswêreld se gunsteling-kleure. Helder strepies lyk veral mooi in ligte hare, soos Sienna s’n. As jy met helder kleure soos pienk en pers wil eksperimenteer, kan jy gerus strepies in jou hare sit.

Die ombré (waar jou hare se kleur geleidelik van die wortels na die punte verander) of die dip dye (waar die punte van jou hare ’n ander kleur gemaak word) is ook die ideale manier om met pienk in jou hare te speel!

Elemente van pienk en pers in die SARIE-winkel

Kry die skakels hier:

Printed Chiffon Shift Dress In Multi-colour

Bright Maxi Dress

Made Of Honour Dress In Pink

Fuschia Voyage Skirt

T-shirt Dress In Pink