Hy is een van ons bekendste romanskrywers, asook historikus en vertaler. In sy jongste boek, Titaan: 'n Roman oor die lewe van Michelangelo Buonarotti, verbind hy weer eens die roman- en historiografie-genres en verweef hy die lewe, denke en werk van 'n groot kunstenaar teen die agtergrond waarin die kunstenaar geleef en werk het.

Schoeman het al drie keer die Hertzogprys vir prosa ontvang en vier keer die Recht-Malanprys vir nie-fiksie. Die laaste Afrikaanse boek, sy "outobiografiese aantekenings", het in 2002 verskyn.