Getoets deur Alida Vos

Voel vir my nogal of jy vir die kookwater Springbok-heelagter Willie le Roux met hierdie sportnuts die Kaapse wynlande moet gaan wys!

Sedert die eerste Juke in 2011 in SA verkoop is, spog 8 500 eienaars met die woelwater. Die Juke hanteer gemaklik in druk verkeer en op die oop pad, en boonop sit jy baie gerieflik. Dan het die´ diesel ook o.m. misligte voor, elektries aanpasbare en opvoubare kantspiee¨ls, ree¨nsensitiewe ruitvee¨rs, elektriese vensters, ’n rit-rekenaar en vir veiligheid is daar ABS-remme met remverspreiding, asook 6 lugsakke.

Die 6-spoed-ratkas is verfyn en dieselverbruik is 4,2 liter per 100 km. Jy kan jou rit na jou luim beplan deur te kies uit Normal, Eco of Sport. Eco fokus op ekonomiese brandstofverbruik en Sport ... dink maar self hoe woelig sake sal uitdraai as Willie die´ verstelling kies.

  • Die Juke kos R267 800