SAARTJIE inboxDié wêreldbekende topmodel van Brasilië is werklik ’n slim keuse vir die spoggeleentheid en boonop komplementeer haar glans en die stylvolle trofeekas mekaar perfek. Die kombinasie sal beslis sorg dat die gewilde sokkerkampioenskap op ’n modieuse noot afsluit.

Ons sokker-inspirasie: Brasilië se Gisele

Die ikoniese trofee gaan in styl reis in die kas wat spesiaal vir die geleentheid deur die modehuis ontwerp en gemaak is. Louis Vuitton is juis bekend daarvoor dat hulle ’n lang tradisie het om mense se belangrike besittings op ’n veilige en in ’n elegante wyse te vervoer, en die Wêreldbekertrofee is beslis iets wat die stylvolle behandeling verdien.

(C) Louis Vuitton Malletier - Kevin O'Brien Het jy geweet dat dié trofee vir die eerste keer in dié tas gereis het met die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid Afrika Dit is seker ’n ongewone gebeurtenis om mode en sport te kombineer, maar ek is bly die organiseerders van FIFA het besluit om die modehuis hierby te betrek. Ek wonder wel of die vroue meer jaloers gaan wees op haar of op die trofee.

Kyk hier na die trailer