Dit gaan nie net daaroor wie met die beeldjie wegstap nie, maar ook hoe dié sterre op die aand lyk. En om só goed te lyk, neem soms baie tyd en moeite. Hier is ’n paar foto's van die sterre wat gereed maak vir die Golden Globes se rooi tapyt.

Sofia Vergara

Sofia eet haar laaste stukkie sjokoladekoek voodat sy op die rooi tapyt moet loop.

Sofia is benoem vir Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Reeks, Mini-reeks of Televisiefliek vir haar rol in die komedie Modern Family. Legendariese aktrise Jacqueline Bisset het met dié toekenning weggestap vir haar rol in die Britse TV-reeks Dancing on the Edge.

Kelly Osbourne

Kelly Osbourne wat onlangs haar verlowing verbreek het, se grimeerkunstenaar het vir haar ’n katoog-voorkoms gegee.

Kaley Cuoco

Kaley wat nou die dag getrou het (sien haar agter-die-skerm-video's van haar troue hier) se span het haar weer rooitapyt-gereed gemaak. Agter staan haar nuwe man, Ryan Sweeting.

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Kerry Washington

Die swanger The Fixer-aktrise (in Amerika is dié reeks bekend as Scandal) se grimering was foutloos. Sy het dié pragtige vintage Movado-horlosie gedra.

Kerry is benoem vir Beste Akrise in ’n Televisiereeks (Drama)

Rashida Jones

Die sanger Quincy Jones se dogter ry saam met haar medester Aziz Ansari van Parks and Recreation na die Golden Globes. Dié reeks is benoem vir Beste TV-reeks, Musiekblyspel of Komedie. Ons is mal oor Rashida se donkerrooi lippe en lang kuif!

Zooey Deschanel

Zooey Deschanel van New Girl se naelkuns is pragtig (lees ook meer van naelkuns en hoe om dit self te doen in die Februarie-uitgawe van SARIE - nou op die rakke!)

Julia Louis-Dreyfus

Julia is benoem vir Beste Aktrise vir haar rol in Enough Said.    

 Reese Witherspoon

Die Oscar-bekroonde aktrise het ’n elegante skepping deur Calvin Klein gekies vir die spesiale aand. Sy het ’n skets van haar turkoois rok op Instagram gedeel.