Rooitapyt-seisoen gaan oor veel meer as net die toekennings. Dit gaan ook oor hóé die sterre lyk. Hier is die mooiste skoonheidsvoorkomste van die rooi tapyt: van die hare tot die grimering en die naels ...

Blaai gerus deur ons galery vir die mooiste skoonheidsvoorkomste PLUS SARIE se skoonheidspan sê waarom hulle daarvan hou!

Kyk deur ’n galery van ons mooiste voorkomste

Helder lippe

Helder lippe is steeds ’n groot tendens en bekendes soos Tina Fey (mede-aanbieder van die Golden Globes) en Michelle Dockery van Downton Abbey het gespog met helderpienk lippe. Koraal en verskillende skakerings van rooi was ook gewild.

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Lawrence het op ’n donker bessiekleur vir haar lippe besluit. Hierdie skakering gaan vorentoe nog baie gewild wees.

Uiteenlopende haarstyle

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Hoewel daar ’n wye verskeidenheid haarstyle op die rooi tapyt te sien was (insluitende korter style soos die pixie en die bob, natuurlike golwe, vlegsels asook lang, reguit hare), was ons veral mal oor die bolla wat sterre soos Emma Watson gekies het. Die bolla is nou al vir ’n ruk lank ’n tendens en dit lyk of dit nog lank met ons gaan wees.

Vars voorkoms

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Buiten helder lippe en rokerige oë, was ’n vars voorkoms ook in die kol. Robin Wright het byvoorbeeld minimale grimering gedra. Die fokus was eerder op haar gesonde, gloeiende vel.

Naelkuns steeds bo

Baie sterre het op ligpienk naellak vir hul naels besluit, hoewel sommige sterre soos Zooey Deschanel en Monica Potter eerder die naelkuns-tendens gevolg het. Zooey het met madeliefie-patrone op haar naels gespog (links), terwyl Monica ’n ombre-voorkoms met blou en blinkgoue naellak vir haar naels geskep het (regs).