"Pasta is vir my koesterkos. Jy kan enige tyd van die week vir jou gesin dié staatmaker voorsit en ek verseker jou almal sal gelukkig wees. Hier is ’n lekker verskeidenheid resepte uit SARIE KOS, met heelwat vir vleistande én vegetariërs. Ek wys ook hoe jy jou eie glutenvrye tagliatelle kan maak.

Geurig en maklik.

Lekker kook!"

Barbara

Hier is een van dié resepte

Gnocchi met ertjies, bloukaas en sampioene - 4 porsies

Gnoccimet ertjies, bloukaas en sampioene

BESTANDDELE:

• 15 ml botter
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 125 g babasampioene
• 160 g vars of bevrore ertjies
• 250 ml room
• 500 g gnocchi
• 90 g bloukaas
• klein bietjie sout, na smaak
• varsgemaalde swartpeper

METODE:

1. Verhit solank water vir die gnocchi in ’n groot kastrol – lees op die pak hoeveel om te gebruik.

2. Smelt die botter in ’n pan en braai die knoffel en sampioene vir omtrent ’n minuut.

3. Voeg die ertjies en room by en laat kook vir 8 – 10 minute.

4. Wanneer die water begin kook, gooi jy die gnocchi in en volg die aanwysings op die pak. Gnocchi is gewoonlik binne 3 minute gaar.

5. Dreineer die gnocchi dan.

6. Voeg nou die bloukaas by die sous en geur met min sout en varsgemaalde swartpeper.

7. Meng die sous met die gnocchi en sit dadelik voor.