Gebruik romerige gebakte kaaskoek wat jy koop om die

nagereg ekstra romerig en ryk te maak.

genoeg vir 10

  • 2 liter vanielje-roomys
  • gebakte winkel-kaaskoek (300 g),
  • by tuisnywerhede of supermarkte
  • 1 x 115 g-bakkie grenadella-moes
  • 200 g brosbrood (shortbread), gekrummel

Plaas vanielje-roomys in groot mengbak en maak sag met groot

metaallepel – dit moet nie heeltemal gesmelt wees nie maar eerder

soos sag geklopte botter lyk. Haal kaaskoek uit verpakking en voeg

by sagte roomys. Meng deur. Skep mengsel in groot vrieskasbestande

bak en smeer gelyk. Skep lepels vol van grenadella-moes bo-op

roomys. Gebruik agterkant van ’n kombuismes en meng dit half deur

(soos marmer). Plaas in vrieskas vir 2 – 3 uur of tot weer hard. Skep

balle roomys in ’n bord en sprinkel brosbrood-krummels oor. Sit voor.