Dis Vrydag! Maak hierdie lekker groot braaibrode om die einde van die week te vier

(2 porsies)

• 1 witbrood, ongesny

• botter vir smeer

• 200 g cheddarkaas, gerasper

• 2 tamaties, in ringe gesny

• 1 klein ui, in ringe gesny

• sout en varsgemaalde swartpeper

Gebruik ’n skerp broodmes en sny die brood in die lengte in snye van sowat 1,5 cm dik. Dit sorg dat jy op die ou end lang snye het. Smeer elke sny aan een kant met botter. Verdeel kaas ewererdig tussen die helfte van die snye, gevolg deur tamatie en uie. Geur met sout en swartpeper. Plaas oorblywende sny bo-op en druk stewig vas. Plaas braaibrode in toeklaprooster en braai stadig oor medium hitte tot goudbruin. Die geheim van ’n braaibrood is om dit eers hoog oor die kole te braai sodat die kaas binne smelt. Sodra dit lyk of kaas gesmelt is, kan jy dit nader aan die kole hou om bruin te braai.

Groot braaibrode Groot braaibrode
FOTO Micky Hoyle