1. Hare wat sleg gesny is en slegte haarsorg. Laat sny jou hare goed - 'n goeie snit sal selfs sonder dat dit drooggeblaas word goed lyk.

2. Vroue plaas ook nie genoeg klem op hul haarsorg tuis nie. Belê in 'n goeie sjampoe en opknapper, asook in 'n behandeling of masker wat jy minstens een keer per maand aanwend. (Dis goedkoper as jy dit tuis gebruik en jy kan dit boonop langer op jou hare hou.)

3. As jy jou hare by 'n salon laat kleur, kry terselfdertyd 'n voedende haarbehandeling - jy sal beslis die verskil sien.

4. Probeer 'n reeks wat jou haarsoort en ouderdom pas soos Kérastase Age Premium Rejuvenating Shampoo For Mature Hair (R230) - spesiaal vir ouer hare, of voed droë hare met 'n masker soos Wella System Professional Hydrate Mask (R256) of TRESemmé Protect Treatment Masque (R59,99).

Kenner: Huey Tilley

haarspesialis en lid van die Pantene Expert Panel. Hy is ook die eienaar van Love-haarsalon in Kaapstad. Hy's al vir 30 jaar in die haarbedryf en het al sy skêr in die kapsels van Robbie Williams, Twiggy, Erin O'Connor en Elizabeth Jagger gehad. Plaaslik sorg hy dat Minki van der Westhuizen, Jeannie D en Elana Afrika se hare eksieperfeksie is.Type or paste here.