GUESS horlosies het besluit om 'n persentasie van hul winste van die beperkte uitgawe, GUESS Time to Give 2012 watch ter waarde van R1 695 te skenk aan die Refilwe gemeenskapsprojek waarin hul beoog om 10 pleeghuise te restoreer, asook om te help met dié kinders se skoolfondse.

GUESS horlosies se CEO Cindy Livingston sê Faces to Watch - Time to Give, se doelwit is nie net om 'n fisiese verskil te maak aan kinders se lewens nie, maar om ook 'n emosionele en spirituele bydrae te lewer deur om mense van reg oor die wêreld op só 'n manier aan 'n kind te verbind.  Vanaf 2007 het Faces to Watch - Time to Give reeds R32 miljoen geskenk aan verskillende gemeenskapsprojekte.

Die horlosies sal beskikbaar wees vanaf September 2012 tot Augustus 2013 by die meeste kleinhandelaars asook  GUESS, GUESS Accessory winkels,  Sterns, American Swiss, Edgars, Foschini, NWJ, en Galaxy en ander uitgesoekte winkels.

Vir meer inligting besoek