Janke neem aan vandag is ’n doodnormale dag vol takies om af te handel voor die son sak. Vandag is egter nie net nóg ’n dag in haar middelklas-bestaan nie, want vandag word Janke gekaap.

Binne ’n oogwink word Janke uit haar 4×4 gepluk – mans, gewere, wiele wat raas. Janke lê verwese en verlore op die nuutgeplante gras buite haar suburbia-huis en kyk hoe haar kar vinnig verdwyn.

So begin Janke hardloop, en dit is die een ding wat die kapers nie van haar weet nie: Hulle weet nie wat Janke sal prysgee om daai kar te vang nie.

Regisseur: Jody J Abrahams Vervaardigers: Diaan Lawrenson, Jody J Abrahams en Christopher Olley Skrywer: Diaan Lawrenson Met o.a. Jana Strydom, Jacques Bessenger en Vincent de Koker

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.