Dit is langnaweek en Hazel Food Market is Saterdag oop vanaf 08h00 tot 14h00. Kom geniet 'n rustige oggend onder die bome terwyl u ontbyt of middagete geniet. Met meer as 60 stalletjies om te kus en te keur, sal u definitief nie honger wees nie. Daar is 'n groot verskeidenheid van vars gebakte brode, geroostede koffie, muffins en cupcakes, heerlike pap & kaiings asook pita gevul met lam. Of wat van 'n sosatie of 'n prego. Daar is ook heelwat stalletjies wat klaar gaar kos het asook vars groente en vrugte. Koop sommer 'n vleisie vir die braai by ons vars vleis stalletjies. Daar is heelwat veilige parkering asook 'n speel area om die kleintjies besig te hou.