Niks om te doen op 'n Saterdag oggend, kom geniet ontbyt of middag ete by Hazel Kos Mark. Daar is meer as 60 stalletjies en u sal definitief nie honger huis toe gaan nie. Heelwat sitplekke is beskikbaar onder die bome of bring 'n kombers en hou 'n piekniek op die gras. Ons het ook 'n speel area om die kleintjies besig te hou.