Ontdek ‘n unieke internasionale kuier- en kosmark in die hartjie van Pretoria se ou Ooste – Menlo Park. Die geure en smake van die wêreld sal jou weekliks laat terug kom met kosse vanaf Griekeland, Portugal en Italie beskikbaar. Daar is ook ‘n verskeidenheid Indiese samousas, Marokaanse tanginess en Thai-noedels om te geniet. Tradisionele Suid-Afrikaanse disse is ook beskikbaar soos Roosterkoeke, Pampoen koekies, Koeksisters, Koedoeburgers, Pap & Kaiings asook Sosaties. Vars gebakte suurdeegbrode van Nonno’s en Gypsy Bread word in houtvuuroonde gebak. Philipp Exter van Just Coffee verkoop vars geroosterde koffie asook koffie bone. Daar is ‘n verskeidenheid vrugtesappe, melkskommels en sodas om die dors te les. ‘n Klimraam, springkasteel en sandkuns hou die kleinspan besig. Ons is elke Saterdag oop vanaf 08h00 tot 14h00 en daar is hope veilige parkering beskikbaar.