Hierdie November werk almal by die Hazel kosmark saam om geld in te samel vir kanker. Reeds word R15 van elke marksak wat verkoop word gedurende November geskenk aan kanker en op 17 November is daar ‘n groot dryf om geld in te samel vir ‘n spesifieke kind met kanker. Elke stalletjie skenk ‘n produk of geskenkbewys wat saamgegooi word om ‘n prys vir uitloting ter waarde van R3000 te vorm. Verder skenk die stalletjies ook produkte wat by ‘n sentrale stalletjie verkoop sal word en al die geld wat ingesamel word, gaan aan kanker. Daar sal ook ‘n stalletjie wees wat opvoedkundige speelgoed verkoop waarvan die opbrengste geskenk word vir die medikasie en operasies wat nodig is vir die kind met kanker. So kom ondersteun gerus die mark in hulle poging om die wêreld ‘n beter plek te maak. Die Hazel kosmark is ‘n opelug mark met meer as 70 kosstalletjies. Die mark is elke Saterdag oop van 8h00 to 14h00 in die Greenlyn sentrum in Menlopark, Pretoria.