Ons bly op 'n plaas in die pragtige Overberg. Ek glo jou huis moet die plek wees waar jy na 'n besige dag, jou skoene kan uitskop en heerlik ontspan. Ek het 'n swakplek vir mooi lap en maak gedurig nuwe kussings. Die oues word natuurlik in die kas gedruk vir "later"! Hier is ons slaapkamer. Ek het die "dugg-egg blue" as hoofkleur gekies en lank gesoek vir die spesifieke lap vir die kussings en stoel. Die kopstut bokant die bed het ek plaaslik laat oortrek. Ek is ook mal oor die ou verweerde rame en orals in die huis hang dit met foto's van ons 3 kinders.

Sien ander hoekies/vertrekke