Nou ja, Jennifer Lopez is amptelik die top-glansmens in die wêreld. Forbes se jaarlikse verslag is pas bekend gestel en só lyk die top-10-lys:

  1. Jennifer Lopez
  2. Oprah Winfrey
  3. Justin Bieber
  4. Rihanna
  5. Lady Gaga
  6. Britney Spears
  7. Kim Kardashian
  8. Katy Perry
  9. Tom Cruise
  10. Steven Spielberg

Net 'n paar jaar gelede het dit gelyk asof Lopez se loopbaan dit nie gaan maak nie. Maar ná sy in 2010 as 'n American Idol-beoordelaar aangewys het, was dit haar kans om haar loopbaan om te draai. Na haar egskeiding van Marc Anthony, het dié enkelma selfs méér aandag gekry en was sy veral gewild onder skoonheidshuise soos L'Oréal en Gillette. Nou spog sy met 'n klerereeks by die Amerikaanse afdelingswinkel Kohl's, 'n topverkoper-parfuum, 'n veilige sitplek op American Idol, 6.6 miljoen aanhangers op Twitter en 12 miljoen op Facebook.

Oprah Winfrey is die rykste van almal op die top-10-lys. Forbes het haar rykdom op sowat $165 miljoen beraam (R1,369,500 biljoen). Steven Spielberg en Tom Cruise is onderskeidelik 2de en 3de. Sy is ook steeds op nr. 1 wat TV-blootstelling betref. Lady Gaga staan voor in die ry op die media-front, en dit sluit sosiale- en gedrukte media in.

En as jy nuuskierig is oor die volgende 10 op die lys, hier's hulle:

  1. Taylor Swift
  2. Tiger Woods
  3. Angelina Jolie
  4. Donald Trump
  5. LeBron James
  6. Beyoncé Knowles
  7. Elton John 
  8. Simon Cowell
  9. Rush Limbaugh
  10. Tyler Perry