Wanneer jy in die spieël kyk, wat sien jy?

“Glo my, ek het my af-dae. Ek word ook wakker en wil niemand sien of die huis verlaat nie. En onthou, op skool was ek altyd die langste, vir 4 tot 5 jaar die een met drade aan die tande, die grootste voete. Nou nog, as ek myself op advertensieborde sien, is dit vir my onwerklik. Maar ek glo nie ek het verander nie.” – Hilary Rhoda, internasionale model.

Lees die eksklusiewe onderhoud wat Michélle van Breda met haar in New York gevoer het in die September-uitgawe van SARIE (vanaf 10 Augustus te koop).

Kuier ook agter die skerms by haar onlangse foto-sessie vir die advertensies van Estée Lauder se nuwe Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex.