Hoewel die Corsa OPC verseker die Y-generasie (daardie internet-generasie) opgewonde maak, kry sommiges van ons met ’n Altyd 30-uitkyk op die lewe ook lekker hartkloppens agter die leerbedekte stuurwiel van hierdie hip ryding. Opel is bekend vir hul motors met woema en die Opel Performance Centre (OPC) se taak is om sportiewe, aërodinamiese rygoed, wat ook ’n elke-dag-motor is, te ontwerp. Dié 2-deur Corsa voldoen verseker hieraan en het verbasend gemaklik in die stadsverkeer hanteer. Maar dis op die oop pad dat jy agterkom wat eintlik onder die enjinkap (1,6 liter) aangaan. Ja, jy kan lekker teerpad-stof opskop en selfs ’n spoedvraat of twee verbysteek, mits jy jou ry-storie ken. Ses lugsakke en ’n goeie remstelsel sorg vir veiligheid en renjaer-sitplekke bied goeie ondersteuning. Prys: R243 950. Besoek www.opel.co.za