Vergifnis begin met aanvaarding. Jy aanvaar wat gebeur het, al keur jy dit nie goed of af nie. Dit kan net gebeur as albei partye genoegsaam genees het en as hy in jou onvervulde behoeftes voorsien het, en jy in syne.

Vergifnis kan nie gedwonge wees nie. As jy nie weet of jy vergewe het nie, sê eerder jy is op pad na vergifnis. Jy sal weet jy het vergewe as jy op ’n dag besef dis verby, dit maak nie meer so seer nie. ’n Mens moet jouself ook eers vergewe. As jy jouself byvoorbeeld nie vir jou affairs vergewe het nie, en nie van daardie deel van jouself hou nie, sal jy jou gevoelens op jou maat projekteer. - Uittreksel uit ''n Affair om te vergeet' in die Februarie-uitgawe van SARIE