'n Vrou is kompleks en uniek en dit is wat Baume & Mercier in gedagte gehad het toe hulle Ilea-horlosies ontwerp het. Elke detail het sensuele kurwes en straal vroulikheid uit. Satyn-afgewerkte metaal en 28 diamante om die gesig van die horlosie maak dit 'n moderne, deftige, luukse item. Pryse wissel van R29 000 en dis beskikbaar by uitsoek-juwelierswinkels. Skakel Vendome Distributors by 011 317 2600 of besoek www.baume-et-mercier.com.