Hout Couture gebruik sebra-, kersie- en kiaathout uit volhoubare woude vir hul sonbrille. En hulle doen moeite om hul koolstofvoetspoor te verminder. Deur die Eco-Schools-program (deel van WESSA) het hulle die “plant 'n saad”-initiatief begin. Dit behels dat vir elke Hout Couture sonbril wat verkoop word, 'n saadjie geplant word by 'n landelike skool. Só leer skoolkinders hoe belangrik dit is om eko-vriendelik te leef. En die koelte – soms selfs vrugte – op die skoolterrein is nie te versmaai nie!

Die jongste Hout Couture-reeks is iets waarop Chris en Craig vreeslik trots is, want die gehalte, gemak en styl het aansienlik verbeter van die vorige reeks.

Besoek www.houtcouture.com vir meer inligting.