Onthou jy nog hoe jy kleintyd gespeel het jy’s ’n prinses? Daardie is kleurvolle, onvergeetlike herinneringe. Jy hoef egter nie noudat jy ma is op te hou speel nie: Speel sommer saam met jou kind!

Il Gufo se Herfs/Winter 2013-reeks skilder ’n prentjie van die warmte wat binne ’n huis gevind kan word met warm sjokolade in die hand, komberse op die skoot en ’n kaggel wat brand. Dit is kleure soos bruin, grys, groen, pers, blou, rooi en geel wat gebruik word om hierdie warmte te skep met items soos jasse, baadjies, rokkies, en truie.

Il Gufo ontwerp hul klere met die leuse “children dressed as children” en die eindproduk is presies dít: klere wat jou kinders vryheid gee, of dit is om soos ’n prinses te voel, buite in die tuin te speel of om netjies te lyk vir ’n familie-ete.

Hierdie reeks is beskikbaar by Jelli in Hutton Court, Hyde Park, Johannesburg. Dit is ’n reeks wat jou op die eerste oogopslag sal laat verlang na gesellige tye, want met sulke mooi klere aan die lyf hoef niemand bang te wees vir die winter nie!